Die Bosstok Trekking 1 Mei 2019


DIE BOSSTOK TREKKING 1 Mei 2019

“Like”, “Follow” en “Share” asb die link en ons Facebook bladsy:

https://www.facebook.com/firearmsa.co.za

JRM is trots om ‘n unieke wapen te bied vir ‘n trekking wat op 1 Mei 2019 sal plaasvind. Om deel te wees van die trekking kyk gerus na ons terme en voorwaardes.

Bietjie meer oor die wapen:

Ons as jagters is altyd opsoek na die perfekte wapen vir ‘n spesifieke doel, of dit nou ‘n bakkie  “gun”, bosveld roer, lang afstand roer of selfs n gevaarlike wild roer of kombinasie is. Dink nie mamma hou altyd van al die idees en redes wat verskaf word vir die koop van n nuwe wapen nie. Ek vermoed dit is maar ‘n algemene siekte in die soeke na die sogenaamde “perfekte roer” (dink egter nie dat ons ooit 100% gelukkig sal wees nie). Die sogenaamde perfekte roer vir almal bestaan nie en ek dink ook nie ons sal ophou wapens koop nie. Die koop is egter tog deel van die lekker van jag en ons sport waarvoor ons so lief is.

Die gedagte het by my opgekom terwyl ek in die bosveld gejag het met my 7×57, met die briesie in die lug, in die wonderlike natuur gegee deur ons skepper. Ons is werklik bevoorreg om so geseend te wees en ek glo nie daar is enigiets wat naby Afrika se atmosfeer kom nie. Ek wou n wapen aanmekaar slaan wat klassiek is (die kaliber asook die kolf). Na die jag het ek dadelik aan die werk gespring en Lee van “Die Kolf Dokter” genader en my idee en die kolf spesifikasies te bespreek van n “Full Stock” en “Ebony Grip cap” en “Fore-end” tot die wangstuk en die projek het begin rigting kry.

Die volgende stap was om n standaard wapen te kry in n klassieke kaliber, die besluit was egter effe moeilik aangesien 7×57 nie oral beskikbaar is nie en dit het my op ‘n tweede keuse laat besluit. Die 6.5×55….

Die derde stap was om n teleskoop te soek wat kon voldoen aan die spesifikasies van ‘n bos teleskoop, maar tog ook gebruik kan word indien daar langer skote geneem word. Ek het Anton van Huntessential genader en het bietjie gesels oor bekostigbaarheid en kwaliteit en kort voor lank was die besluit geneem. Die Konus 3-12×50 sal die ideale teleskoop wees vir die doel. Alhoewel Konus nie alom bekend is in Suid Afrika nie wil dit voorkom dat hierdie Italiaanse teleskoop aan die behoeftes van die jagter sal voldoen met kenmerke van  helder glas en bekostigbaarheid.

Pakket Waarde: ‘n Beraamde waarde van R23 000

6.5×55

Hierdie yster van n kaliber is ontwikkel in 1891 en was vervaardig vanaf 1894 en word steeds vandag vervaardig. Die kaliber het groot sukses behaal in Europa en Noord Amerika en jagters wat opsoek was na n kombinasie wat akkuraat en ideaal sou wees vir medium grote wild het gespring vir die kaliber.

Koeel Gewig Spoed Energie
100 gr (6 g) HP 3,183 ft/s (970 m/s) 2,250 ft⋅lbf (3,050 J)
120 gr (8 g) BT 2,812 ft/s (857 m/s) 2,108 ft⋅lbf (2,858 J)
140 gr (9 g) SP 2,651 ft/s (808 m/s) 2,185 ft⋅lbf (2,962 J)
140.4 gr (9 g) DK 2,854 ft/s (870 m/s) 2,540 ft⋅lbf (3,440 J)
160 gr (10 g) EVO 2,559 ft/s (780 m/s) 2,266 ft⋅lbf (3,072 J)

Konus (Verskaf deur Huntessential):

Hiermee Konus produkte wat beskikbaar is:

http://www.konus.com/en/Catalogue/hunting-and-shooting/Riflescopes/Hunting/

Custom Kolf

Die kolf is verskaf deur “Die Kolf Dokter” kontak hom gerus :

Lee

Sel nommer: 082 458 3103

Epos: diekolfdokter@gmail.com

Trekking deur: Ethica Accounting

Ethica bied ‘n unieke boekhouding diens aan individue en besighede, kyk gerus na hulle webwerf:

http://www.ethicaaccounting.co.za/

 

Terme en Voorwaardes:

  1. Trekking sal hanteer word deur Ethica Accounting op Woensdag 1 Mei 2019 om te verseker dat ‘n regverdige trekking gehou word.
  2. Ondersteun JRM tussen 10 Januarie 2019 en 30 April 2019 en vorm deel van die trekking. Elke keer wat n persoon JRM ondersteun sal sy/haar naam in die trekking geplaas word en sal tot op ‘n maksimum van 5 kaartjies beperk word per klient.
  3. “Like”, “Share” en “Follow” ons bladsy op facebook soveel as moontlik sodat ons die nodige blootstelling kan kry.
  4. Die wenner sal op die dag van die trekking gekontak word (per telefoon en epos) en resultate sal ook via sosiale media deurgegee word.
  5. Indien die wenner nie sou belangstel om die wapen te lisensieer nie sal daar n tweede naam getrek word en sal die tweede persoon in lyn dan as wenner aangewys word.
  6. Die bogemelde wapen word as n prys gebied en is ongelukkig nie te ruil vir kontant nie.

 

Dankie vir u ondersteuning en sonder ons kliente/vriende sou ons nooit sover kon kom nie

 

Jagters Groete

Kobus van den Berg

Description

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Bosstok Trekking 1 Mei 2019”

Your email address will not be published. Required fields are marked *