Wapen Motiverings
& Aansoeke, Wapens
en Toebehore
Ons help jou met professionele motiverings en lisensieaansoeke,
en voorsien betroubare wapens en toebehore.
Gedryf deur ’n passie vir jag, wapens en die natuur!
Geskiedenis en Bestaan
JRM Goods & Services het sedert 2012 sterk gegroei en help wettige vuurwapeneienaars en voornemende eienaars om aan die wet te voldoen. Met 25 jaar ervaring in jag, sportskiet en vuurwapens, gebruik ons hierdie kennis om jou aansoeke en motiverings vinnig en professioneel te hanteer.
Gedryf deur ’n passie vir
jag, wapens en die natuur!
Proses
Ons verskaf motiverings vir alle tipe wapens, van handwapens tot semi-outomatiese gewere en haelgewere. Sodra betaling en alle nodige dokumente ontvang is, kry jy jou motivering binne twee werksdae per e-pos, met ’n gedrukte kopie beskikbaar op aanvraag. Kliëntedata word veilig gehou vir vinniger toekomstige aansoeke.
Reg vir aksie?
Van vuurwapenaansoeke tot jou volgende jag
of sportwapen, ons staan gereed om te help.



